Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 05 JUNIE 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, geleesdeur ________________________ (jounaam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radio liga saai elke Sondag nuusbulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolinkherlei deur ZS0JPL.

‘nOudioopname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jykanook daar intekenomnuwe bulletins per e-posteontvang.

IN DIE NUUS VANDAG
OKOSA KANTORE BESKADIG DEUR BRAND

BHF GROEI MET RASSE SKREDE

PEARS DOEN DIT WEER

EN DIE ZS3 NAELLOOP UITSLAE

Bly ingeskakel vir meer hieroor asook ander nuusitems

*** Maandag middag het daar ‘n brand uitgebreek by die kantore van die OnafhanklikeKomunikasieOwerheid van Suid Afrika, OKOSA. Die gebou, meer in besonder die lisensieafdeling, is beskadig. Ten tyde van die brand was die Mei 2016 vraestelle nog nie ingehandig nie en is dus die skadegespaar. Dit veroorsaak egter nou dat daar ‘n vertraging sal wees met die uitreik van lisensies vir die nuwe amateurs. OKOSA is tans besig omgeskikte kantoor ruimte te bekom en sal hul werksaamhede voortsit sodra hulle, hul nuwe kantore betrek het. Intussen kan ons maar net wag.

Indien jy meer inligting rakende die vertraging wil bekom, kontak gerus die SARL kantoor of die sekretaris van die SARL

*** Ongeveer twee jaar gelede het Carl Minne, ZS6CBQ, in Krugersdorp ‘n vroegoggend BHF net begin. Die net vind plaas Saterdae en Sondae op 144.30mHz ESB. Van ‘n klein begin, het diegroep mooi aangegroei en tans raporteer daar stasies in vanaf Gauteng, Limpopo en die Vrystaat. Baie nuwelingebetree nou die band met horisontalerigstralers. Rikus, ZS4A, het ook onlangs toegetree en het reeds gevorder tot AMA.

Mike Kellett, ZS1TAF, het ‘n net in Kaapstad begin op 144,300 mHz ESB. Hierdie net was oorspronklik vertikaalgepolariseer maar is stadigaan besig om te migreer na horisontaal om hul reikafstand te verbeter.

Ander netwerke sluit die van Jaco Cronje, ZR6CMG, Dinsdae en Donderdae op 145,500mHz in en twee netwerke deur Al Akers, ZS2U, op 70,200 MHz in die 4 meter band FM Maandag aande en 52 MHz, 6 meter, FM Woensdagaande ook vertikaal in.

Onlangs het Andre Grove, ZS3AG, in Kimberley gelykgolf gehoor op 144,300 MHz vanaf Hugo van Zyl, ZS5HV, in Scottburg‘n afstand van 613 km. Op sy beurt het Andre vir Pieter Jacobs, V51PJ, in Rosh Pinah, Namibia via WhatsApp, laat weet wat toe ook hierdie seine gemonitor het, dit oor ‘n afstand van 1395 km. BHF Is aan die gang en die tropovoortplantingpaaie is oop.


*** PEARS doen dit weer met die verskaffing van radiokommunikasie vir die PWC Groot Zuurberg Trek - 'n driedaagsebergfiets geleentheid wat in die skilderagtigeZuurbergberge naby Addo in die Oos-Kaap plaasvind.

Oor die 3 dag gebeurtenisbeman PEARS lede 17 verskillende punte, 'ntydelikeherhaleris opgesit, en beman ook die VOC, of Venue Operations Centre. Die VOC sal verantwoordlik wees vir kommunikasie tussen die organiseerders, die medics, en die PEARS operateurs en word deur Tony Allen, ZR2TX beheer.

Op die sosialekant, is die 'n gunsteling onder die PEARS lede die kamp en kameraderie in die aand om braaivleisvurewat 'n groot spanbouer is.

Die geleentheid begin Vrydagoggend en is tans aan die gang. Dit sluit later vandag met die prysuitdeling. Meer inligting oor die gebeurtenis is beskikbaar by hul webwerf www.greatzuurbergtrek.co.za/

Foto's sal op die PEARS FaceBook blad in die volgende paar dae opgelaai word - so besoek gerus and "Like" ons!

Log in op Facebook en soek vir "PE Amateur Radio Society"

Jy is ingeskakel op ‘n nuusbulletin van die Suid Afrikaanse Radio Liga en ons gaan nou so bietjie kyk na nuus vanuit die liga kantoor.

*** Aansoeke omlidmaatskap van die SARL is van die volgende radioamateurs ontvang:
ZR6AVR: Andries Petrus van Rooyen (hernuwing)
ZS6PHS: Pieter Searle (hernuwing)

Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskapaansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.
Die lidmaatskaptal van die SARL is tans 1764 plus 49 geaffilieerdeklubs
Die admin-kantoor ontvang in die laaste tyd baie aansoeke vir hulp met lisensies wat verval het en met die behoud van ou roepseine. Hierdie is 'n diens aan SARL lede. Vonnie onderhandel hierdie sake met OKOSA gedurende haar weeklikse besoeke.


*** In terme van reel 12 van die SARL konstitusie en op versoek van vier raadsledenaamlik, Fritz Sutherland ZS6SF, Nico van Rensburg ZS6QL, Geoff Levey ZS6C en Hans van de GroenendaalZS6AKV ,word ‘n spesiale algemene vergadering bele vir 30 Julie 2016 om te besluit oor die finansiele state wat deur die tesourier ingedien moet word, asook om die begroting vir die 2016/ 2017 boekjaar goed te keur en om ‘n nuwe raad vir die SARL aan te wys. Die aanwys van ‘n nuwe raad mag wel deur middel van ‘n elektroniese stemstelselaangewys word.

Die SJV vind plaas by die Nasionale Amateurradio Sentrum, Registrasie van Proxies begin om 09:00 en die vergadering om 10:00

Hiermee dan ook ‘n oproep vir nominasies ten opsigte van raadslede. Die voorgeskrewe vorm moet gebruik word en ‘n amateurradioverwante CV, van die genomineerdekandidaat, moet voor 25 Junie ingedien word by die waarnemende sekretaris te epos adres secretary@sarl.org.za. Indien meer as 10 nominasies ontvang word sal daar, ingevolge reel 16.4, ‘n elektroniese stemming gehou word wat reeds op 30 Junie in werking sal tree.Die finansiele state en proksie form sal vanaf 30 Junie 2016 op die SARlwebblad beskikbaar wees.


*** Die ZS3 Naelloop was goed geondersteun op die 15de Mei 2016. 27 logstate is ontvang (4 meer as in 2015) waarvan die vier logstate as kontrolestate gebruik was.
Die uitslae is soos volg vir die uur op die lug:
1ste: ZS3A Alewyn Muller, 126 punte.
2de: ZS5MAX, Max Rossi, 98 punte.
3de: ZS6YH, Michel Mynhardt, 94 punte.
Die Noord Kaap Amateur Radio Klub bedank almal wat deelgeneem het en die moeite gedoen het om 'n logstaat in te stuur.

VOORTPLANTINGS VOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagtesonaktiwiteitsvlaklaag gaan wees. Dit bevestig dat die sonaktiwiteitsmaksimum verby is en dat ons stadig oppad na die minimum is wat oor sowat 5 jaar bereik gaan word. Al die sigbaresonvlekke is tans stabiel met bykans geen kans vir ernstigesonfakkels nie.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 9 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Voor ons groet, kom ons kyk gou na gebeure vir die volgende paar weke:

12 Junie - ZS6 HammiesNaelloop
16 Junie – Jeug dag
17 Junie - Werled QRP Dag
21 Junie – Spertyd vir die Julie Radio ZS artikels
23 Junie –SARL Top band QSO party
03 Julie – ZS5Naelloop

Om af te sluit, ’n terugblik op ons hoofberig. OKOSA se kantore is Maandagmiddagtydens ‘n brand beskadig. Die Mei 2016 RAE papierwerk was nog nie ingehandig nie en is dus nie beskadig nie. Daar sal egter ‘n vertragingwees met die uitreik van lisensies vir hierdie kandidate.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

** Die Suid-AfrikaanseRadioliga se nuusdiensnooiklubs en individueuitomnuusbrokkies van belangvir radio amateurs en kortgolfluisteraars in tedien. Plaasnuusberigteindienmoontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-AfrikaanseRadioligawebtuisteonder die 'news inbox' skakelnie later as die Donderdagwat die bulletin datum voorafgaannie.

LuisterelkeSondagoggendom 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeieherleidings op BHF en UHF frekwensiesregoorSuid-Afrika. 'n Potgooideur Dick, ZS6RO, is ookbeskikbaar. 'n Heruitsendingvind op Maandaeom 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Onsontvanggraagjouseinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-posaanartoday@sarl.org.za.Sentechborg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Jy het geluisterna 'n nuusuitsending van die Suid-AfrikaanseRadioliga, saamgesteldeurDawieConradie, ZR6DHC, geredigeerdeur Ryan Gibson, ZS6GGR, en geleesdeur ...........................................................

Die Afrikaansenuus span groetnou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX








Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003